Kuilvoer: ‘n Winsgewende keuse vir Dohne boere

DOHNE-MERINO, BOERDERY, KUILVOER  |  OKTOBER 16, 2020

‘n Boer het altyd die keuse om of graan te oes, of kuilvoer te maak vir sy of haar diere. 

Tog sê Wynand du Toit, Suidplaas Dohnes eienaar, afgesien van die hoë prys van droë materiaal as voer (byvoorbeeld lusern), kan kuilvoer baie goedkoper uitwerk vir ‘n boer, sonder om die produktiwiteit van die skaap negatief te beïnvloed.

Hy sê kuilvoer is ‘n belangrike deel van ‘n boer se sukses, en kan winsgewendheid verbeter.

Kuilvoer kan in verskeie rantsoene gebruik word, van voerkraal lammers tot lakterende ooie. Dis ook ‘n goedkoper opsie, solank die opbrengs van 16 ton of meer nat materiaal afgehaal word.

Dit was dan ook die geval dié jaar op Suidplaas. “2020 het die HOOGSTE opbrengs per hektaar in die afgelope agt jaar vir ons gegee. Ons is baie dankbaar vir die reën in die Overberg oor die afgelope paar maande.”

‘n Hawer kuilvoer rantsoen is huidiglik baie goedkoper as ‘n lusern-gebaseerde rantsoen vir skape.  

Wynand sê egter die gehalte van kuilvoer is baie belangrik, veral as ‘n groot hoeveelheid kuilvoer in ‘n spesifieke rantsoen ingesluit word.

“Dit verg verhoogde bestuur, aaangesien droë materiaal inhoud en effektiewe vesel inname gemonitor moet word om die dier se rumen gesond te hou.” Waar rumengesondheid nie in stand gehou word nie, kan metaboliese steurnisse ontstaan. Byvoorbeeld, kuilvoer wat nie ‘n sekere gehalte handhaaf nie kan verhoed dat herkou plaasvind. Minder herkou verlaag die pH in die rumen, terwyl ‘n tekort aan vesel tot suurpens kan lei.

Wynand sê boere moet beoog om die balans te vind, sodat diere die optimale hoeveelheid goeie gehalte kuilvoer inneem, sonder om suurpens en ander steurnisse te veroorsaak. 

Goeie gehalte kuilvoer
hang af van:

  • Die gewas
  • Vog inhoud
  • En kerf lengte (Agsci Unlimited stel voor dat die ideale kleingraangewas- en graskuilvoerlengtes tussen 6 en 12 mm is vir skape).

 Wynand sê die gebruik van die regte gehalte kuilvoer kan produksie koste van skape heelwat afbring. “Belangrik is dat ‘n boer kuilvoer in ‘n gebalanseerde rantsoen voer.”  

Wynand du Toit

  082 550 1242
  028 425 1625
  wynand@suidplaasdohnes.co.za
  Posbus 4, Protem, 7281
  @SuidplaasDohnes
  @SuidplaasDohnes
  @SuidplaasDohnes

Wynand du Toit

  082 550 1242
  028 425 1625
  wynand@suidplaasdohnes.co.za
  Posbus 4, Protem, 7281
  @SuidplaasDohnes
  @SuidplaasDohnes
  @SuidplaasDohnes