‘N HOË SPEENPERSENTASIE IS ‘N VOORVEREISTE VIR WINSGEWENDE SKAAPBOERDERY

DOHNE MERINO, BOERDERY, SPEENTYD  |  Mei 28, 2020

‘n Hoë speenpersentasie (aantal lammers gespeen vanaf die aantal ooie gepaar), is dié belangrikste aspek van wolskaap boerdery, sê Wynand du Toit, Suidplaas Dohnes eienaar. 

“Dit verhoog jou hoeveelheid wol en vleis geproduseer per hektaar en dit is die kommoditeite waarvoor jy op die einde van die dag geld kry.”

Volgens Wynand is dit makliker om ‘n hoë lampersentasie (aantal lammers gebore vanaf aantal ooie gepaar) te kry as speenpersentasie.

Daar is 3 faktore wat ‘n groot rol speel in die verhoging van speenpersentasie in die Overberg:

1. Bestuur

2. Dosering en gesondheid van diere

3. En voeding

In hierdie artikel, fokus Wynand egter net op voeding en die belangrike rol wat dit speel in winsgewende skaapboerdery. 

3 voedings-wenke:

1. Prikkelvoeding is nodig vir ramme en ooie vir ‘n verhoging in lampersentasie.

2. Voeding van ooie gedurende laat dragtigheid en laktasie lei tot ‘n verlaging van lamvrektes.

3. Kruipvoer by lammers verhoog die groei tempo en lei tot verhoging van hoeveelheid vleis en wol gespeen per hektaar.

Kruipvoer

Kruipvoer speel ook ‘n groot rol by speenpersentasie.

– Kruipvoer kan 50% van ‘n lam se voedingsbehoeftes aanvul vanaf ‘n vroeë ouderdom van 4 tot 6 maande.

– Kruipvoer verhoog nie net speenpersentasie en speengewig nie, maar die uitgroei van jong diere speel ‘n geweldige groot rol in die dier se reproduksie as volwassene.

– Speenskok (wanneer lammers gewig verloor wanneer hulle skielik van hul ma’s weggeneem word) is ook heelwat laer indien ‘n lam kruipvoer gewoond is.

OM DIE GENETIESE POTENSIAAL VAN JOU DIERE OPTIMAAL TE BENUT IS DIE KORREKTE VOEDING EN BESTUUR NOODSAAKLIK IN AL DIE FASES VAN REPRODUKSIE.

Wynand du Toit

  082 550 1242
  028 425 1625
  wynand@suidplaasdohnes.co.za
  Posbus 4, Protem, 7281
  @SuidplaasDohnes
  @SuidplaasDohnes
  @SuidplaasDohnes

Wynand du Toit

  082 550 1242
  028 425 1625
  wynand@suidplaasdohnes.co.za
  Posbus 4, Protem, 7281
  @SuidplaasDohnes
  @SuidplaasDohnes
  @SuidplaasDohnes