Ken jy Suid-Afrika se skaaprasse?
DOHNE MERINO , SKAAP BOERDERY | June 9, 2021
Skaapboerdery is van uiterse belang in Suid-Afrika.
In Suid Afrika gee dié bedryf volhoubare inkomste aan boere, veral in ekstensiewe gebiede, sowel as baie goeie volhoubare en ekstra inkomste in saai gebiede. In tye van misoes of swak oeste kan skaapboerdery die enigste stabiele faktor wees in ‘n boer se besigheid.

Daar is ongeveer 22 miljoen skape in Suid-Afrika, bestaande uit 15 skaaprasse. Merino en Dohne Merino skape is die meerderheid, omtrent 55% van SA skape. Tog is daar ook minder bekende rasse, elk met sy eie eienskappe.
Pierre Vlok van BKB beskryf Suid-Afrika se skaaprasse, en wys waar die Dohne Merino in die prentjie pas.


Merino (GesameNtlik: 55%)
1700’s
Ingevoer: Spanje
Doel: Wol
Die Merino is ingevoer vanaf Spanje vroeg in die 1700’s. Die wol uitvoere het ‘n groot bydrae tot die destydse inkomste van die Unie van Suid-Afrika gemaak. In die 1920’s word die Merino die belangrikste bron van inkomste saam met goud, diamante en volstuisvere. Merino getalle neem af met tyd en seleksie doelwitte verander terselfde tyd. Dit bly steeds die dominante skaapras in Suid Afrika.
Foto: www.merinosa.co.za

DOHNE Merino
(GESAMENTLIK: 55%)
1939
X KruIS: Merino en SAVM
Doel: Wol en Vleis
Die Dohne Merino is ‘n kruis ras tussen die Merino en die SAVM (SA Vleis Merino). Dit is ontwikkel by die Dohne navorsing stasie naby Stutterheim vanaf 1939 omdat die Merino van daardie tyd nie die suur grasveld van die Oos Kaap produktief kon benut nie. Intussen het die Dohne versprei oor die hele Suid Afrika en oorsee.

DORPER (24%)
1940’s
X KruIS: Dorset Horn en Swartkop persie
Doel: Vleis
Die Dorper is ‘n kruis ras tussen die Dorset Horn (vir sy groei vermoë) en die Swartkop Persie (vir sy gehardheid) en is tydens die 1940’s ontwikkel. Die doel was om die ekstensiewe gebiede van die SA-binneland meer effektief te benut. Die Dorper het gou die dominante vleisras in SA geword. Die ras is ook uitgevoer na ander lande.
Foto: www.dorpersa.co.za

SAVM (6%)
1930’s
INGEVOER: DUITSLAND
Doel: Vleis
Hierdie ras is ingevoer vanaf Duitsland in die 1930’s en is gevestig by Elsenburg Landbou Kollege. Die ras het gou aangepas by plaaslike omstandighede en vinnig versprei. Die sogenoemde “Duitse Merino’’ het ‘n belangrike rol gespeel in die vorming van verskillende rasse. Die naam is amptelik verander na die SA Vleis Merino in die 1970’s.
Foto: www.savleismerino.net

DORMER (6%)
1940
X KRUIS: DORSET HORN en SAVM
Doel: Vleis
Die goeie karkas eienskappe en vroeg ryp vermoë van die Dorset Horn is gekruis met die aanpasbaarheid van die SAVM vroeg in 1940 by Elsenburg Landbou Kollege, met die Dormer as die resultaat. Die doel was om ‘n terminale kruis ras te ontwikkel om top graad slaglammers te lewer.
Foto: www.dormersa.com

IlE De France (3%)
1950
INGEVOER: FRANKRYK
Doel: Vleis
Die ras is na SA ingevoer vanaf Frankryk gedurende 1950. Die Ile de France is gou gevestig as belangrike terminale ras met gebruik op Merino tipe kuddes vir slag lam produksie. Die ras het groei vermoë verbeter, selfs wanneer dit gebruik is as terminale ram op relatiewe vinnig groeiende Dorper ooie. Dit is egter baie seisoen gebonde.
Foto: www.iledefrance.co.za

Merino Landskaap (2%)
1950’s
INGEVOER: DUITSLAND
Doel: Vleis EN WOL
Die ras is in die 1950’s ingevoer vanaf Duitsland vir gebruik as terminale kruising vir die produksie van lammers, met minder vet, maar ‘n vinnige groei vermoë. Die nageslag van Merino Landskaap op Dorper ooie het beduidend minder vet as ‘n ras-egte Dorper. Suiwer Dorpers het ‘n geneigdheid tot vet vorming op ‘n vroëe ouderdom.

Wynand du Toit
082 550 1242
028 425 1625 wynand@suidplaasdohnes.co.za
Posbus 4, Protem, 7281
@SuidplaasDohnes
@SuidplaasDohnes
@SuidplaasDohnes

Wynand du Toit
082 550 1242
028 425 1625
wynand@suidplaasdohnes.co.za
Posbus 4, Protem, 7281
@SuidplaasDohnes
@SuidplaasDohnes
@SuidplaasDohnes